Die Seun Wat Drake Kweek
About this book
“Wanneer mense vra wat ons in Oupa se tuin kweek,dink ek hulle verwag ek gaan sê komkommers,tamaties of rankbone. Ek dink nie hulle verwagek gaan sê ons kweek drake nie.
Maar nouja, daar het jy dit.Ons kweek drake. En ek kan jou één ding sê – drake isbaie meer moeite as komkommers.”Wanneer Tomas ’n draakvrugboom in sy oupa se tuin ontdek en ’n klein drakie uit een van die vrugte bars, ontdek hy dat drake baie meer moeite is as komkommers!
Daar is ontploffende draakbolle oral ‒ selfs eenkeer in Oupa se ontbytgraan ‒ die huiskat word gedurig rondgejaag en Tomas se tandeborsel (en ander persoonlike items) word gereeld brandgesteek.
Maar dis darem nie net chaos en ontploffende draakbolle nie!
Die eerste keer toe Flikker sy stert om Tomas se nek krul en hom met sy groot diamant-oë kyk, kom Tomas agter dat daar heelwat meer as net towerkrag in drake steek.
Maar as jy ’n draak het moet jy dit geheim hou, want wie wil nie hulle eie draak hê nie?
Specifications
More by Andy Shepherd
All books by this author →Popular in Similar Genres
Books from the same publisher, author & genre



